Stille Nag (AFRIKAANS)
TAKEN FROM: Psalms en Gesange: Gesang 96 (1978)

Stille nag, heilige nag
Jesus kind lank verwag
Lig uit lig uit die Vader se ryk
word uit liefde aan mense gelyk
Loof die hemelse Kind !
Loof die hemelse Kind !

Stille nag, heilige nag
Hemelvors, ons gee ag
op die lied van die engelekoor
Herders het dit die eerste gehoor
Juig, die Redder is daar !
Juig, die Redder is daar !

Stille nag, heilige nag !
Jesus, Heer, voor u mag,
voor u ryk moet die duisternis swig;
tot in ewigheid bly U die lig -
Heer, gebore vir ons !
Heer, gebore vir ons ! 



Stille Nag (AFRIKAANS)
TAKEN FROM: Halleluja - Lied 36 / Lied 526

Stille nag, heilige nag,
Alles rus, eensaam wag
Slegs Maria, geseënde vrou
By haar Kindjie, met Josef so trou
Soete Hemelse rus!
Soete Hemelse rus!

Stille nag, heilige nag,
oor die veld, lief en sag,
klink die lied van die engelekoor.
eers deur herders, dan verder gehoor
Juig, die Redder is daar!
Juig, die Redder is daar!

Stille nag, heilige nag,
Jesus-kind, vriend'lik lag
liefde teer uit u godd'like mond;
tans daag heerlik die vrywordingstond
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons! 

 

Submitted by: Jako Olivier and  Johann Lochner


Return to Homepage
Return to homepage